Kaap York-meteoriet

Kaap York
Die "Ahnighito"-fragment in die Amerikaanse Natuurhistoriese Museum.
Die "Ahnighito"-fragment in die Amerikaanse Natuurhistoriese Museum.
Voorwerp
Ander naam Innaanganeq-meteoriet
Tipe Yster
Groep IIIAB
Samestelling 7,58% Ni, 19,2% Ga, 36% Ge, 5% Ir
Datum Voorgeskiedenis (geval)
Waargenome val Nee
TBG 58 200 kg[1]
Gebied
Land Vlag van Groenland Groenland
Streek Avannaata

Die Kaap York-meteoriet, ook bekend as die Innaanganeq-meteoriet, is een van die grootste ystermeteoriete wat al op Aarde ontdek is. Dit val in die chemiese groep IIIAB. Benewens baie klein fragmente is minstens agt groot stukke mt 'n totale massa van 58 ton herwin.[2] Die grootste stuk het 'n massa van 31 ton. Die meteoriet is genoem na die plek waarnaby die grootste fragment ontdek is: 37 km oos van Kaap York in Groenland.

Die datum waarop die meteoriet geval het, word oor gedebatteer, maar dit is waarskynlik binne die afgelope paar duisend jaar.[2] Ander ramings is 10 000 jaar gelede.[3]

  1. Cape York on the Meteoritical Bulletin Database
  2. 2,0 2,1 Martin Appelt, Jens Fog Jensen, Mikkel Myrup, Henning Haack, Mikkel Sørensen, Michelle Taube (2014). The cultural history of the Innaanganeq/Cape York meteorite (Report). The Greenland National Museum & Archives. Archived from the original on 21 Mei 2022. https://web.archive.org/web/20220521075851/https://now.ku.dk/documents/Meteorit2014FinalReportLight.pdf. Besoek op 7 November 2019. 
  3. Pringle, Heather (1997). "New Respect for Metal's Role in Ancient Arctic Cultures". Science. 277 (5327): 766–767. doi:10.1126/science.277.5327.766. S2CID 129339473.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search